Ek wil eerstens die webmeester bedank vir die gepaste titel van my brief! Ek het 'n heel ander opskrif gebruik, maar ek is baie tevrede met die nuwe titel wat julle bygevoeg het. Dit verwoord waarlik die manier hoe ek deesdae oor hierdie spul voel!
In reaksie op die kommentaar:
Wiese: Ja, jy is reg, jy het onder die naam Mastema geskryf. Mastema, soos Kobus vir ons destyds uitgewys het, is die duiwel homself. Jy tree dus nie net soos 'n duiwel op nie, jy eien jouself die naam van die duiwel toe. Of jy nou jouself as geleerd beskou of nie, jy het geen insig as dit by geloofsake kom nie. Geen wonder jy kan nie verstaan waaroor ons praat nie. Elke brief wat julle spul goddeloses hier skryf, is maar net 'n herhaling van mekaar of 'n aanhaling van die een of ander gesant van satan.
Wiese, jou laaste paragraaf het my laat uitbars van die lag. Jy is my vyand Johan. Jy eien jouself die naam van die satan toe en tree ook so op. Dus, is jy nie my vriendskap waardig solank as wat jy die naam van God belaster nie. Ek het niks vrae oor evolusie nie. Ek benodig niks meer as die Woord van God om my te help met vrae oor die ontstaan van die Skepping van ons Vader nie. Dit is jy wat insigloos en irrasioneel ander ateiste na – aap.
Ek twyfel oor niks Wiese. Dalk moet jy die sprong maak en dit sommer van 'n krans af doen.
Panda,
Natuurlik glo julle in die duiwel. Julle sien dit net nie in nie. Julle word deur hom gelei om hierdie twak en lasterlikheid teenoor Christene kwyt te raak. Verder kan jy verseker wees daarvan dat al ons Christene vir misdaad, korrupsie en die totale verval in ons land bid. God gee indien ons Vra, iets wat julle nie sal verstaan nie. Julle is besig met 'n gevaarlike spel, en op die einde van die dag sal julle moet rekenskap gee.
Cornelius is geen Christen nie. Hy glo nie in die God, wat ons as Christene aanneem nie. Soos Kobus genoem het, hy gebruik God eerder vir sy eie doeleindes. Dit is in my oe net so erg as ateisme, indien nie erger nie.
Kleinkoos,
Daar is geen logika in jou argument nie. Hoekom sal ek vir die duiwel wil bid. Die Bybel is duidelik daaroor dat die duiwel God geensins goedgesind is nie. Dus, 'n direkte vyand van God. Tog kwel ons Christene ons nie oor die duiwel nie, want God SAL die duiwel verslaan. Bid eerder dat die duiwel jou nie beetkry nie, maar ek reken dis reeds te laat.
Francois Verster,
Jy begryp lyk my nie naasteliefde nie, of jy volg nie die gesprekke op SeNet nie. Ek het al herhaaldelik hier getuig, en die reaksies op my Getuienis was verstommend negatief en lasterlik. Ek openbaar juis naasteliefde deur mense te waarsku indien hulle besig is met duistere dinge. Ek is geensins gelukkig met die feit dat my naaste, selfs die atieste, so 'n hartseer en onvervulde lewe sonder God lei nie, en ek is ook bevrees vir die dag wanneer hulle rekenskap moet gee. Dit is inderdaad naasteliefde.
Kobus,
Ek kan jou net bedank vir die kommentaar. Ek mis regtig die Geloofsgesprekke met jou die laaste ruk. Jy is een persoon wat hier skryf wat my Geloofshart verstaan en ook probeer om ander mense nader aan God te bring. Baie dankie en mag jy geseend wees!
Tant Alie


Kommentaar
Liewe Tant Alie
Jy het reg: ek volg nie hierdie of enige ander blog gereeld nie. Daar is nogal baie ander dinge wat mens kan doen behalwe dit ... maar aangesien jy my so ordentlik geantwoord het, sal ek poog om ook ordentllik te reageer - ek aanvaar jy het my en al die ander afvalliges se belange regtig op jou ruim moederhart. So dankie, al het ons nie daarvoor gevra nie, aanvaar ek, vir een, die goeie bedoelings.
Maar sien, hier's my/ons probleem: ons (as ander nie-gelowiges egter verskil, 'skies, laat maar weet) voel nie dis nodig nie, so dit klink pretensieus en dit kom nogal voorbarig voor as jy dit op jou neem om na ons om te sien - so asof ons hulpeloos en onnosel is. En niemand hou daarvan om as sodanig beskou te word nie, reg? Ek is seker jy sal saamstem dat indien ek vir jou begin bid en preek om argumentsonthalwe maar liewer deur Boeddha gered te word, jy aanstoot sal neem. Nes Christene ens. nie wil he ander moet vir hulle dink en besluit nie, net so behou vrydenkers hulle beslis ook hierdie reg voor.
Verder, deur 'n volslae stommerik soos K d K as 'n soort rolmodel te bestempel, plaas jou ongelukkig in dieselfde bekrompe kampie as hy. Deur assosiasie (meng met semels ...) sien ander jou dan as dieselfde megalomaniese, intellektueel-beroofde laer as slangdinges op die seebodem-vlak as hierdie arme arme arme ARME skepsel, wat o.a. "insig" met "selfbeheptheid" verwar. M.a.w. terwyl jy dan dink hy is Kaas is jy net so 'n Kaspaas as hy. En HY verdoem beslis heeltyd sy medemens - nes die ou wat in die kerk sit en hom vrek verveel, en dan moordadige gedagtes koester jeens sy buurman wat by die braaivuur sit en koerant lees op daardie oomblik. Ek BEGRYP nie hoe medemenslikheid eens hier figureer nie. Dis eerder selfsug en selfbejammering, skat ek.
MOET my verstommende gebrek aan INSIG wees ...
Maar wat, jou verwysing na my wat nie hierdie gesprekke volg nie, het oplaas 'n lig laat opgaan: dis inderdaad arbitrer wat ek of enigeen hier skryf, want jou geloof laat julle nie selfstandige denke toe of eens die moontlikheid om oop te wees vir oortuiging nie. Mense soos ek kan dus net sowel opgee. Daar is geen salf te smeer nie. En hei, as ek verkeerd is, is julle mos oraait, so ek kan julle van niks red nie. As ek reg is, steeds: so what?
Maar met hierdie een gedagte verlaat ek julle dan: die blote moontlikheid dat ek verkeerd mag wees, beteken nie dat ek skielik 'n Damaskus-ervaring GAAN beleef nie. Of soos 'n vriend aan my gese het: "Ek is bang ek gaan hel toe, so ek MOET 'n geloof kies." Die probleem is steeds dat AL die gelowe beweer hulle is die ENIGSTE ...
Ienkie pienkie ponkie ... ag nee, ek gee op, Darwin se stem kom te helder deur: dis nie die slimste of die sterkste nie, maar diegene wat die beste by verandering aanpas. En sedert 2000 jaar gelede het baie dinge verander. Sommiges het dit selfs al agtergekom.
Een ding bly egter altyd dieselfde: ignorance is bliss!
Vaarwel tante.
fv
Hallo Tant Alie,
Ja, die klomp agnostici is maar 'n negatiewe spul wat werklik massas negatiewe energie uitsypel.
Dit is altyd lekker om geloofsgesprekke te hê, soos jy sê.
Dit is ook maar baie nodig om die klug uit te wys waaraan die klomp so verknog is. Sommige niksvermoedende gelowiges het ook al verward geraak oor die sogenaamde 'wetenskap' wat toe na alles nie wetenskap is, nie, maar 'n spul wanvoorstellings en dikwels blatante bedrog, waarvan die enigste doel is, om mens van die Heerlikheid van die Skepper af weg te rokkel deur hulle te mislei.
Maar soos die Woord sê in Openbaring, daar is diegene van ons wie, deur die genade en krag en Wysheid van die HERE, nie voor die leuens swig nie en ook nooit sál swig, nie.
Darwinisme is saam met materialisme, deel van die groot bedrog van die dier waarna in Openbaring verwys word en is die doel daarvan, van die begin daarvan af, direk teen God die Skepper gerig om sodoende die onuitspreeklike wonderlikhede van Goddelikheid in die Skepping, op te slurp en te maak of dit sy eie is, daardie walglike dier.
Dit is die werklike perspektief van darwinisme.
En soos die Woord sê, sien ons dit presies vandag, dat ons, die ware getroues, nie daardeur mislei is of ooit kán mislei word, nie, want die HERE bewaar ons, HY, die Waarheid, is in ons. En, soos die Woord sê, sál die werke van die dier binnekort vernietig word – die beker van grimmigheid, van gal, sál soos wyn oor hulle gegiet word… want God oorwin áltyd !
Groete en Vrede vir jou,
Kobus de Klerk
Tant Alie
Jy verstaan my logika baie goed. Jy wil dit net nie erken nie.
Jy moet bid vir die duiwel, want indien die duiwel bekeer word, sal mense nie meer mislei word deur dieselfde duiwel nie. En nie maar daardie selfde duiwel kan blameer vir alles wat hulle verkeerd doen nie. En sal nie vir altyd brand na die dood nie.
'n Doodeenvoudige oplossing. Staan op jou kniegies vandat jy jou ogies oopgaan in die oggend tot jy jou ogies weer toemaak in die aand en bid dat die duiwel bekeer sal word. . U sê dan self :
Tant Alie: " God gee indien ons Vra ..."
Ja, ek weet baie goed dat dit aan almal vertel word. Volgens Lukas 6:38 in die 1983 vertaling: "Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.”
Nou toe Tant Alie; bid dat die duiwel bekeer sal word.
Tant Alie ".....iets wat julle nie sal verstaan nie."
O, ons verstaan baie mooi. Jy weet baie goed dat volgens wat julle die "Woord van God" noem, jou weergawe van die Bybel, jy maar net hoef te vra, en dit sal gegee word. Of het jou God, as hy bestaan, vir jou gejok daaroor?
Verder Tant Alie, jy kan maar vir my bid. Ek dink al lankal vir jou.
Kleinkoos
Tant Alie,
Ek dink tog Casper de Vries se Greetje Appelmoes (die paraberader auntie met haar drie spruite Mooitje, Booitje and Vrooitje uit Gatland iewers) of Patience Candida April (voormalige prostituut en afgetrede alkoholis elders op die vlakte langs die Berg), is meer pret as die Bose Kobus se ou Alie op die werf ...
Julle almal,
Ek begin die vermoede kry dat Kosie en Alie 'n spel speel hier en dat hulle huself kraak oor almal daarvoor val.
Geen regdenkende kan so redeneer soos die tweetjies nie.
Ja Perdebytjie; en Kobus is sonder twyfel die voorste queen op hul daaglikse hekeldigsamekoms om die volgende dag se satire te bespreek ... jy sou ook dalk al opgemerk het dat Kobus altyd na "ons" (soos in dementia praecox) verwys ... ek dink dit moet nogals baie beknop wees iewers tussen daardie twee ore waar die hele ge-aliede huiskerkbende kapperjol ... bygeseg - my amigo in Adam is beslis geen muggie as dit by kreatiwiteit kom nie ...
Perdebytjie en Cornelius
Daar is regtig sulke mense soos Kobussie en Tant Alie
Was julle al ooit rondom 'n paar suidelike dorpe in die VSA? Hoe idioties kan mense wees. Op Top Gear was voorgestel dat sommige mense kan teel met groente. Dit lyk regtig so daar. Hulle bestaan!
Ek nog nooit sulke mense in ons land in lewende lywe ontmoet het nie. Wel mense soos Kobussie, Hennie Sesdag Mouton en daai Kruger-een (kenner van aalwurms), wat ek op die internet waargeneem het.
Daar is regtige sulke mense wat dieselfde grond as ons bewandel. Gelukkig 'n ignoreerbare klein minderheid (tot hulle begin skiet op ons).
Kleinkoos