Reaksie op Elsabé Brits se onlangse Voertaal-artikel rondom wantroue in die entstof

  • 15

Foto: Canva

Goeiedag, LitNet en Voertaal

Die webtuistes word deur julle en dan indirek deur julle ondersteuners soos die Hiemstra Trust ondersteun.

Dit is klaar problematies dat so baie skrywers in Suid-Afrika hul voeling met die mense van die land verloor en hulle skaar by hul eie groepe.

Julle wil weet waarom boeke so swak verkoop en waarom mense oorskuif na ander media.

Dit is die rede. Julle voel dit is reg om elke persoon se haatlikheid teenoor ander instede van goeie artikels te ondersteun.

Die artikel (lees hier) het inderwaarheid niks met inentings te doen nie. Dis meer maar oor haar siening van Afrikaners en duidelike haat. ’n Hele geskiedenis wat ons almal vandag ken, maar wat geen verband hou met COVID nie.

Dis swak. Ek wil nie verder hieraan blootgestel word nie en sal julle vermy en ek glo baie ander ook.

Dis jammer, want ek dink baie mense doen wat ek nou doen en ons taal en skryfkuns word nog ’n slag toegedien deur anti-Afrikaners soos hierdie, en dit uit julle midde!

Groete
Pieter Loftus

Lees ook:

COVID-19: Die jongste | The latest

SA Akademie skop vas teen "drogredenasies" oor die pandemie en inentings

https://voertaal.nu/die-wit-afrikaner-se-hardkoppige-dwarstrekkery-en-wantroue-in-n-entstof/

  • 15

Kommentaar

  • Ek stem saam met Pieter. Dat Afrikaanssprekendes soveel moeite doen om hulle kultuur en geskiedenis te probeer afbreek, gaan my verstand te bowe. Bowendien sal ek eerder as hardkoppig en dwarstrekkerig gesien word, soos Daniël en sy vier vriende, as om saam met die massas die mensgemaakte beeld te aanbid en te glo dat iets wat deur mense geskep is, my gaan red. Ek vertrou eerder op my Godgegewe immuniteit.

  • Sjoe! Daar is sowat 76 sinne in die artikel. Ses en 'n kwart verwys na inenting. Die ander 69 is 'n vlymende aanval op Afrikaners. Uit 'n inhoudsontledingsperspektief hang haar onderrok darem hier ver uit.

  • Ek wonder of me. Brits haar neusoptrekkerige houding teenoor vryheid ook inneem wanneer dit by die vryheidsvegters teen apartheid kom.

  • AGH van der Walt

    Mens kan nie anders as om die artikel en Brits se menings te verwerp met die minagting wat dit verdien nie. En sy is nie eens soos Pauw 'n celebrity joernalis nie.

  • Ai meneer Pieter Loftus, jou betoog laat my dink aan die houding: As jou siening nie is soos myne nie, dan is JY verkeerd. En as jy nie vir MY wil luister nie, dan vat ek my wa en trek oor die Drakensberg
    Dis 'n interessante artikel oor die voortrekkers, dwarstrekkers en wegtrekkers onder ons. Voeg nou by: die Onttrekkers.

  • Annora Eksteen

    He-he. Het ek nou heerlik gelees aan Elsabé Brits se weereens briljante skrywe. Baie dankie vir die skakel! Nou nie eintlik geweet daar is baie Afrikaners wat teen inenting is nie. Wonder maar al lankal hoe gaan toestande, ag, sommer vir alle tale en kulture oor so honderd of vyfhonderd jaar - ag, sommer oor die hele aarde, lyk. Maar in my tyd hier kan ek nog maar ons goeie Afrikaanse skrywes so baie geniet, want ook ons lefties is nog baie lief vir ons ou taal.

  • Elsabé Brits, dis duidelik dat nie alle spykers daarvan hou om op die kop geslaan te word nie 😂 ...

  • Ek is baie teleurgesteld oor hoe ons Afrikaners so negatief uitgebeeld word in die artikel. Dit toon nie liefde vir ons as ’n groep nie. Dit laat my dink aan ’n baie kritieke en negatiewe ouer wat nie besef dat hy/sy haar kinders afkraak en stukkend los nie. Dis net deur onvoorwaardelike liefde te gee wat verskille opgelos kan word. Liefde wen. Nie negatiwiteit nie. PS - ek en my gesin is reeds ten volle ingeënt.

  • Van die kommentaar illustreer presies die probleem. Van nog altyd? Haar gewaarwordinge is dieselfde as myne by aanlees van die kommentaar. Ons is nie almal so nie, maar baie van ons is. Ons kan maar net nie kritiek vat nie. En as jy nie vir my is nie (lees: my koppie vryf), is jy teen my (lees: haat jy my) en sommer jouself ook. Emosie, emosie. So lyk dit my gaan ons ook stem in die plaaslike verkiesing. Bygesê, dis duidelik baie kommentators het al ooit of selde van Elsabé se artikels of boek gelees.

  • Hans Richardt

    Ek stem heelhartig saam met die skrywer. Media24 het lesers verloor in politieke strewe wat lankal verval het in SA.
    Ons koop nie meer Afrikaanse boeke nie, want dis swak smaak, net soos die horde nuwe Afrikaanse sangers.

  • Gee my 'n persoon wat sê wat waar is...

    Maar tussen hakies wil ek net dit opmerk: baie van ons voorouers het stoomharte by die ossewaens gehad; baie van ons het remskoenharte by die stoomwaens.
    ~ C.J. Langenhoven

    Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die ander nasies nie oor mekaar val om jou in te neem nie.
    ~ C.J. Langenhoven

    Moenie skryf om ongevraagde raad aan te bied nie. Jy weet nie of die man nie miskien te dom is om te weet dat jy slimmer is as hy nie.
    ~ C.J. Langenhoven

  • Dirk Drentelaar

    Hmmm. Interessante artikel oor die voortrekkers, dwarstrekkers, wegtrekkers en onttrekkers. Kom ons voeg daarby, skynheilige beterwetende gefaksineerde "Voetsekkers".

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top