Renata gesels (S)sports in hierdie episode van Rate hom met Renata. Daar is iets vir oud én jonk. Daar is kinkels en konkels, en 'n algemene kennis-vasvra oor oor tuindwerge.
Sports!
Produksiehuis: JaneeKyk Produksies
Skrywer en regisseur: Annemarie Hattingh
Met Elizna Vermeulen
Straat-sokker, wêreldbekers, Tim Noakes, Wimbledon, Nuweland, ping-pong op Olimpiese vlak, joga (in warm en in koue kamers), pretdraf, strek, rek en vrek – dis alles mos net sports! Annelina Steyn (Elizna Vermeulen) is terug, en dié keer is sy reg om te wen. Troos-pryse is nie ’n opsie nie.
7 Maart 20:30 | 8 Maart 16:00 | Klein Libertas Teater | 55min | R90
|
Kinkel en Konkel
Kinkel en Konkel is twee tuindwerge van Tuinebaai wat mal is daaroor om mooi tuin te maak. Saam met die res van die dorpie se kleurvolle karakters – van Burgemeester Blombak tot Inspekteur Tuinslang – is hulle reg vir nog ’n groot avontuur. In die proses neem hulle sommer die kleintjies in die gehoor prettig op sleeptou. |
Klik hier vir die volledige program van die US Woordfees 2015.

