Rassespanning kan deur kerk versag word

  • 0

Mens hoor van woede onder swartmense en dat dit só erg is dat dit tot rasse-uitbarstings kan lei. Aan die ander kant het ons 'n heeltemal ander situasie as 'n paar dekades gelede toe swartmense se lot grootliks deur wittes bepaal is. Wie die land regeer word nou in demokratiese verkiesings beslis, al is dit grootliks 'n telling van kleurgroepe.

Op kerklike gebied was daar ook verandering. Waar daar nie so lank gelede nie nog ernstige verskille tussen Christenkerke was, is daar nou op die hoogste vlak goeie samewerking tussen die bekende kerkgenootskappe. Soos in ander lande word ons politieke en ekonomiese lot grootliks deur politieke diere bepaal en ons weet dat hulle nie saamwerk nie en mekaar eerder byt en opeet, veral as dit sou help om die publiek se woede weg van hulle te stuur.

Om politici te vra om die spanning te verlig sal nie werk nie. Dit is ons kerke wat met 'n groot poging deur hulle bestaande strukture kan slaag om dinge te verbeter. Moedelose mense kan weer hoop gegee word en geleer word om met almal saam te werk. Die sielkundige atmosfeer in 'n land is dikwels belangriker as die werklikheid. Dit is nodig dat kerke weer voor loop en leiding gee in die krisis.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top