"Rap-song vir Vincent" deur Lizette Snyman

  • 0

Rap-song vir Vincent

Vincent was ? arm man
hy was nie juis aantreklik
Langs sy kop, by die linkeroor
was hy ook effens gebreklik

Hy was nie ? macho nie
Sy girl het hom gelos
Snags het hy koud geslaap
sonder wyn en sonder kos

Baie maal geskilder
tot laat in die aand
Nie sy huur kon betaal
aan die einde van die maand

REFREIN:
Moenie worry nie Vincent
dis alles nou verby
Jy hang in die Rijksmuseum in Amsterdam
Jy gaan nie ? pennie kry
Tussen kwaste en thinners
so het jy geleef
Jou klere was vol verf
met jou siel wat daaraan kleef

Goodbye Vincent, rus nou sag
Tien miljoen vir jou een skildery
Miskien as die euro uitgesort is
kan jy nóg meer vir hom kry

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top