Rainbow Laslap
Ons weermag fight ? oormag
Hul doen dit sommer oornag
Met rubber bullets, traangas en ‘n trike
Ons is moeg vir die gestruggle
So ons gumboot shuffle-shuffle
Ons ry sit-sit en ons toi-toi en ons strike
REFREIN:
Hou jou bek oor my land
Want ? toe bek is ? heel bek
Dis my plek
Dis my pozzie
Ek hoort hier
Ek het bloed in my are
en gel in my hare
Bring my bekfluit en my vier-by-vier
Ons drink ? milkshake op Schabir Shaik
Ek verkies ‘n medium done steak
My afval eet ek saam met sous en pap
Trap uit jou paleis uit
Kom leef saam in my pondok
Jy is bo blink maar binne so bankrot
REFREIN
BRUG:
Ek mind nie veel jou kleur nie
Ook nie eers jou geur nie
Maar wys vir my die tattoo op jou hart
Ek’s ? VIP van SA
? Kaalvoetkind van Afrika
Hardnekkig klou ek vas hier; ek’s gehard
Ons vang die laaste Gautrain
Skip die Bloutrein, ry die soustrein
Verander alle name soos ons gaan
? Oulap is ? mooi lap
word ? stoflap en ? waslap
Dan trek ons maar ? rainbow baadjie aan
REFREIN


