Die stort is nie naby die ablusieblokke nie, dis oop en bloot op die "sypaadjie" vir mense wat direk uit die water kom.
Jy is baie beledigend, kwaadwillig so, vir 'n sogenaamde "Christen". Ek dink ek is nader aan God as jy. Die Bybelse veroordeling van homoseksualiteit is deur onkundige mense geskryf wat nie van beter geweet het nie: beide die oue en die nuwere. Dit was maar hulle eie opinie, hul eie gevoel oor die saak. Moet ons ons deur hierdie primitiewe mense laat lei? Waarom pas julle die tekste selektief toe, baie Ou-Testamentiese wette word vandag geïgnoreer? Ek sal sê dit is maar oor julle eie voorkeure, julle eie menings.
Vrouens se liggame sit my af, hulle lyk abnormaal, dis asof daar iets skort. Baie keer is hulle boude juis hopeloos te groot en grotesk.
Ou gay man
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter


Kommentaar
Eish Gay ou man, alhoewel ek totaal vrede het met jou seksualiteit kon ek nie anders as om so 'n bietjie gekwets te voel oor jou beskrywing van 'n vrou se liggaam nie. Van my dogtertjie, my vrou tot my bejaarde moeder is vir my die aanskoulikste wesens in die Skepping. Vroue is engelpragtig mooi - 'n kosbare hulp en ondersteuning wat God vir die man geskape het. Goddank hulle skeer nie hul gesigte nie en hang met boepense en drankasems om braaivleisvure rond soos die enkele maatjies wat ek ken nie. Die res probeer eintlik juis soos vroue voorkom. Nee wat, skoonheid is in die hart van die een wat daarna kyk. Ons behoort mekaar te respekteer daarvoor. Cornelius.
Gay ou man.
Nou huigel jy erg.
Jy sê jy is ’n Christen. Indien wel, behoort jy nie te sê: "Bybelse veroordeling van homoseksualiteit is deur onkundige mense geskryf wat nie van beter geweet het nie: beide die oue en die nuwere. Dit was maar hulle eie opinie, hul eie gevoel oor die saak. Moet ons ons deur hierdie primitiewe mense laat lei?".
Jy kan nie net selektief besluit wat jy wil en nie wil aanvaar in die Bybel nie, dit is "after all" veronderstel om die grondslag van jou geloof te wees. Sal jy dit aanvaar indien ek die volgende in jou trant sou sê: "Bybelse stelling dat Jesus die Seun van God is, is deur onkundige mense geskryf wat nie van beter geweet het nie. Dit was maar hulle eie opinie, hul eie gevoel oor die saak. Moet ons ons deur hierdie primitiewe mense laat lei?"
Jy als verklaarde Christen het ’n verantwoordelikheid om aan jou Bybel in alles gehoor te gee, insluitende die tekse wat homoseksualiteit veroordeel. Indien nie kan jy tereg deur ander Christene verkwalik en als verdwaalde Christen beskuldig word. Dat ander Christene nie die Bybel letterlik uitlewe soos jy hierbo gesê het nie, is geen verskoning dat jy dieselfde mag doen nie.
Ek self is gay, op pad om oud te word (52jr), en ’n ateis, wat die Bybel geensins in enige vorm van godsdienstigheid aanvaar nie. Ek kan gerustig met my gewete saamlewe dat ek gay is. Ek twyfel of jy sal kan solank jy engie vorm van Christelike godsdiens aanhang.
Jaco Fourie
Gay ou man: Ek verwonder my ook nogal daaraan dat mense dink 'n spul halfgeletterde bronstydperkbokwagters het meer van God geweet as enigiemand anders. Wat op aarde laat hule so dink?