Raaisel-ding
Weet jy dalk waar die maan-man bly?
Of hoe om die punt van die reënboog te kry?
Hoe kan mens ? vlieër in die lug laat bly?
Jy bly ook ? raaisel vir my
REFREIN:
Ek ken jou naam, ek ken jou nie
My klein heldin, my wysneus-ding
My tierboskat, my rooikop-pop
Kan jy vir my sê waar’s die pad?
Die pad – die kortpad na jou hart
Waaroor het die sewe dwerge gestry?
Waar het toktokkie sy klop-klop gekry?
Hoe kan mens die borrel uit die borrelgom bevry?
Jy bly ook ? raaisel vir my
Waar het Kersvader sy lag gekry?
Hoe lyk die plek waar die doudruppels bly?
Kan jy vir my beskryf hoe ? fietsklokkie lui?
Jy bly ook ? raaisel vir my
REFREIN
BRUG:
In jou arms vind ek skuiling
Om jou te ken is rus
Ek hou van die mens wat ek word
as ek eers by jou is
So leer my dan die taal, die taal wat jou hart praat
Ek wil vir jou dieselfde bied
? Halfweg-huis, vanaand
REFREIN


