"Raai, raai, blik aspaai" deur Linda Jansen van Rensburg

  • 0

Raai, raai, blik aspaai

Die storm het bedaar en die reënboog sprei sy kleure oop
Ek wil hê dat jy saam met my op die reënboog gaan loop
Saam kan ons op sy bane gly en kleure kies vir jou en my

REFREIN:
Raai, raai, blik aspaai, wat het ek gevind?
Daar is spices op die reënboog in alle geure waaraan jy kan dink
Raai, raai, blik aspaai, wat het ek gevind?
? Reënboogjassie met baie kleure wat ons sal beskerm teen die wind

Kom soek en soek en jy sal vind, laventel en vanilla vir jou, my kind
Ons kan rose en jasmyn daarby gooi en dit oor die aarde strooi
So sal elkeen dan ook sy deeltjie van die reënboog kan kry

REFREIN

Ons pluk van die spices en gly oor die reënboog se baan
dronk van al die geure kan ons nie eers regopstaan
So soek en julle sal dit ook vind, want die reënboog se oog is in elkeen se oog

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top