|
Die week in woorde |
Ek het nie werklik dié week veel om te sê nie, behalwe ’n vinnige storietjie oor die beste R5 wat ek die afgelope tyd spandeer het. Dit was by Bikini Beach Books in Gordonsbaai, en ek het dit opgedok vir Wendy Cope se histeriese digbundel Making Cocoa for Kingsley Amis. (Ek het ook R5 gehoes vir Phillip Larkin se High Windows, nog R5 vir ’n versamelbundel van Ted Hughes, R5 vir Kid van Simon Armitage, ens ens ens tot by R50. Maar met die ander bundels het ek nog nie kwaliteit-tyd spandeer nie – dus vat Cope vir eers die R5-koek.)
Elk geval: die hele Cocoa-bundel steek draak met digterlike pretensies en konvensies, maar Cope grap ook lekker met haarself en die Engelse oor die algemeen. Ek lag hardop. Daar is darem ook een ernstige gedig in die bundel, wat sommer ook die rede uitlê vir al die probleme wat ons hier ter lande ervaar.
|
Engineers’ Corner |
|
Why isn’t there an Engineers’ Corner in Westminster Abbey? In Britain we’ve always made more fuss of a ballad than a blueprint ... How many schoolchildren dream of becoming great engineers? We make more fuss of ballads than of blueprints – Whereas the person who can write a sonnet Yes, life is hard if you choose engineering – While well-heeled poets ride around in Daimlers, No wonder small boys dream of writing couplets |
![]() |
Joan Hambidge mediteer oor Tokio in haar jongste gedig. Marlise Joubert waag ’n kortverhaal: “Op die Waagplein”. Jaco Fouché maak “A crucial connection” in sy jongste kortverhaal. |
|
Wenner |
Margaret Clough is die wenner van Phillippa Yaa de Villiers se bundel The Everyday Wife. Sy het haar redes op twee tale laat rym:
| An Old Wife and her Tale Because I am a poet now and once I was a wife, this book should come to me to bring comfort to my life. Now that I am old and grey and nodding in my chair, these poems will soothe my grief and keep me from despair. |
Die ou vrou se storie Ek behoort die prys te wen. |
Ernstige, fronsende groete tot volgende week, wanneer ons verder aan oplossings vir die wêreld se probleme werk.
Bibi


