"Psalm aan Adatjie" deur Danie du Toit

  • 0

Psalm aan Adatjie

Die Here herder my
maar jy sal my ontbreek
Hy lê my in ? droom neer op jou skoot en ek loop oor rustelose waters
Hy verswik my siel en lei my op ? dwaalspoor van geregtigheid, om jou naam ontwil
Al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee kan ek geen onheil vrees nie
want die hoop is met my; dit stok, staf en vertroos my
Jy brand soos ’n kers op die tafel voor my teëstanders
Jy maak my hoof blink met olie
My hart loop oor
net goedheid en guns sal ek volg
Ek sal in die kamer langs jou bly tot die lente van dae

Meer as ’n mossie met die vlug in jou oog
Ek bid dat die Here na jou sal kyk
my hart soos brood sal breek
en mandjies vol deel
Genoeg sal los
vir jou
om weer vir my te steel

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top