"Psalm 2013" deur Llewellyn Alberts

  • 1

Geskryf vir: Straatligkinders

Ooral is plaveisel en marmer gladde teer
Die vaartuie van die gemeente gly ooral heen en weer
Die heilige buitebande van die glansryke skepe
Rol stil-stil rond en moet eerbiedig daar parkeer

Vat my oor, vat my oor
O vader laat my hoor, laat my luister
Na die lorries van die hemel
Vat my oor, vat my oor
My hart is daarvan vol
Vat my oor die sesbaan snelweg na die mall

O die ingaan daar is groter as die grootste paleis
Die priesters van die gode sal jou alles daarso wys
Bring net jou silwer, jou hartstog en jou goud
Bring die hele familie want niemand daar word oud

Vat my oor…

Daar’s riviere vol met wyn, daar is brandewyn en coke
Daar’s n kar vir elke man, daar’s ’n pelsjas vir sy vrou
Daar’s n Xbox vir die kinders met ’n tv en remote
Daar is kos om elke draai en niemand kry ooit koud.

Vat my oor…

Diamante en juwele, miljoene dinge blink
Watter kant jy kyk, is die ewigheid wat wink
As die skemer met sy vlerke skadu’s gooi oor veld en vlei
Dan gaan die ligte aan en almal kan maar bly.

Vat my oor…
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top