"Prrr" deur Danie du Toit

  • 0

Prrr

Hoe prrr die water teen die sinkdak
wat sing soos die wind hom stryk
Hoe stel ek dit aan jou gelyk?

Hoe jaag die wolke soos ? veldbrand oor die heuwelrand
tot waar die grond weer nat kan word
Ek kort jou so

Dis groen soos jy en snoesig hier
my liggiekers en kaggelvuur
my lyf
Soetslaap so hier
Sonder snak so langsaan my
gaan alles om ons vlegverby

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top