Protea Boekhuis tree in as donateurs van Kerkbode-gesprekke

  • 0

Die US Woordfees kondig met genoeë aan dat Protea Boekhuis as donateurs ingetree het om die gesprekke waarvan Kerkbode as donateur onttrek het, moontlik te maak.

Die volgende gesprekke op die Woordfeesprogram word onder Protea Boekhuis se vaandel aangebied:

Net een God?
Aangebied deur Protea Boekhuis
Is daar net een God of is daar meer as een? Hoe raak jou eie godsbeskouing jou godsdienstige verdraagsaamheid met mense van wie jy verskil? Hoe weet jy jóú God is die ware God? En is die God van die Christene, die Moslems en die Jode dalk dieselfde God? Jean Oosthuizen stel dié vrae aan Chris Jones, Lina Spies en Sjeg Thaffier Najjaar. Kom neem deel aan dié oop gesprek.
7 Maart 11:00 | Boektent | 50min | R40

Hemel en hel?
Aangebied deur Protea Boekhuis
Het mense nog ’n voorstelling van ’n fisiese hemel met goue strate en ’n hel met ’n brandende vuur? Waar is dit? Of is die ‘hemel’ dalk iets wat ons op aarde vir onsself skep? Jean Oosthuizen gesels openhartig met teologiese kenners Abel Pienaar, Nico Koopman en Jurie van den Heever oor hierdie vertroude konsepte in die tyd waarin ons leef. Lede van die gehoor kan vrae stel.
8 Maart 10:00 | Boektent | 50min | R40

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top