Promosie vir 6 Augustus: 20% afslag op Net aliens eet spinasie deur Jaco Jacobs

  • 0

Afrikaanse blitsverkoping!
6 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 6 Augustus is:

Titel: Net aliens eet spinasie
Skrywer: Jaco Jacobs
ISBN: 9780798182843
Uitgewer: Human & Rousseau

’n Alien land in ’n swembad, kinders verdwyn in ’n biblioteek, ’n monsterhond word ’n woefie-woef en ’n vampier-jagter-ouma bestorm ’n skool met ’n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie!

Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as ’n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top