Promosie vir 31 Augustus: 20% afslag op Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux

  • 0

Afrikaanse blitsverkoping!
31 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 31 Augustus is:

Titel: Die Anglo-Boereoorlog in kleur
Skrywer: Tinus le Roux
ISBN: 9781776191772
Uitgewer: Jonathan Ball Publishers

Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring ’n vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

In die Anglo-Boereoorlog, of Suid-Afrikaanse Oorlog, het die twee Boererepublieke van Transvaal en die Oranje-Vrystaat teen die Britse Ryk te staan gekom. Hierdie verwoestende oorlog sou vir dekades lank nog ’n uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse politieke, ekonomiese en sosiale landskap.

Volume 1 handel oor die konvensionele fase van die oorlog van Oktober 1899 tot Junie 1900 met Lord Roberts se besetting van die Boererepublieke. Die foto’s wys die Boeremagte se invalle in Natal en die Kaapkolonie, die besetting van Ladysmith, Kimberley en Mafeking, en van die bekendste slagvelde van die oorlog.

Lesers sal talle ikoniese foto’s in Die Anglo-Boereoorlog in kleur raaksien, maar ook verskeie wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Honderde boeke het die afgelope 120 jaar oor die oorlog verskyn, maar dit is die eerste een in volkleur.

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top