Afrikaanse blitsverkoping!
30 Augustus 2022
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 30 Augustus is:
Titel: Donkie se lang pad dorp toe en 19 ander fantastiese fabels
Skrywer: Wendy Maartens
ISBN: 9781776350360
Uitgewer: LAPA
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ’n unieke manier ’n waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en wys hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word. “Donkie se lang pad dorp toe” dra die boodskap oor dat ’n mens nooit almal tevrede kan stel nie.
“Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering” dra by tot die idee dat mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet waardeer wat jy het.
“Muggie sien kans vir Leeu” bevat die wysheid dat niemand so sterk is dat hy nooit kan verloor nie.
“Tor sit Arend op sy plek” gee weer die moed dat, al is jy klein, is daar altyd ’n manier om ’n boelie op sy plek te sit.
Dit is maar enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam, vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê? Moenie langer wag om uit te vind nie!
Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!


