Promosie vir 28 Augustus: 20% afslag op Die siener: deur die oë van Gerald Burger deur Yolanda Barnard-Lemmer

  • 0

Afrikaanse blitsverkoping!
28 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 28 Augustus is:

Titel: Die siener: deur die oë van Gerald Burger
Skrywer: Yolanda Barnard-Lemmer
ISBN: 9781928530992
Uitgewer: Naledi

Gerald Burger is een van die land se bekendste sieners. Gedurende 2019 het hy die hoofkarakter in sy eie reeks, Die Siener, wat op kykNET uitgesaai is, geword. Dié reeks het op die stasie se top 10-programme geboer. Dit is nou nog op Showmax beskikbaar. Die Siener: deur die oë van Gerald Burger bied 'n indiepte-blik op die lewe van 'n heldersiende. 'n Individu wat geseën is met die gawe om met die bonatuurlike te kommunikeer, om onwelkome gaste te help om na die “anderkant” oor te gaan.

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top