
Afrikaanse blitsverkoping!
27 Augustus 2022
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 27 Augustus is:
Titel: Marinda se koskas
Skrywer: Marinda Engelbrecht
ISBN: 9780798181990
Uitgewer: Human & Rousseau
"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos."
Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in alledaagse taal geskryf vir elke kosliefhebber, vir elke dag se gebruik.
Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!


