
Afrikaanse blitsverkoping!
26 Augustus 2022
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 26 Augustus is:
Titel: Kook en geniet
Skrywer: SJA de Villiers
ISBN: 9780798149181
Uitgewer: Human & Rousseau
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as ’n halfmiljoen eksemplare in druk, is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet – van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak, tot hoe om kos perfek te vries – naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte.
Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!


