Promosie vir 24 Augustus: 20% afslag op Lotta se lewe: konyne by dosyne deur Alice Pantermuller

  • 0
Afrikaanse blitsverkoping!
24 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 24 Augustus is:

Titel: Lotta se lewe: konyne by dosyne
Skrywer: Alice Pantermuller
ISBN: 9780798166706
Uitgewer: Human & Rousseau

Lotta Liebenberg is tien jaar oud. Haar beste vriendin se naam is Chantelle, sy hou van pannekoek en sy is MAL oor diere. Maar eintlik is sy net doodgewoon. Baie meer doodgewoon as haar ouers en haar tweelingraasbekboeties. So sy verstaan nie hoekom daar die laaste tyd sulke snaakse goed met haar gebeur nie.

By die skool verskyn daar vanself lelike goed op die bord en haar gunstelingkos smaak skielik na spruitkool. Jig!

En dan is daar nog die vreemde Indiese blokfluit wat haar ma vir haar present gegee het. Maar sy het nie nou tyd vir sulke nonsens nie. Sy wil ’n troeteldier hê. Chantelle het tweehonderd konyne in haar kamer, maar sy wil nie eens enetjie afstaan nie! Lotta het egter klaar ’n plan hoe om haar EIE troeteldier te kry . . .

Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings.

Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top