Promosie vir 23 Augustus: 20% afslag op My Stasiestraatkombuis deur Mynhardt Joubert

  • 0

Afrikaanse blitsverkoping!
23 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 23 Augustus is:

Titel: My Stasiestraatkombuis
Skrywer: Mynhardt Joubert
ISBN: 9781485900832
Uitgewer: Penguin

Sjef Mynhardt Joubert maak al die afgelope vyf jaar kos in sy Stasie Street Kitchen in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree en sy huis as kreatiewe ruimte en foto-ateljee inspan. Stories uit My Stasiestraatkombuis is ’n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar voorsit.

Mynhardt vermeng alles wat hy doen met sy geesdrif, lewenslus en liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservarings, van sy kinderjare op 'n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise oor die wêreld heen en deur Suid-Afrika.

Lesers (en tuiskokke) word deur toeganklike resepte deel van hierdie ervarings.

Sluit by hom aan in die ruimhartige en warm omgewing van sy Stasie Street Kitchen en skep jou eie verruklike kookkuns, gemaak met joie de vivre en armsvol liefde.

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top