Promosie vir 22 Augustus: 20% afslag op Moenie die melk vergeet nie deur Jaco Jacobs

  • 0

 Afrikaanse blitsverkoping!
22 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 22 Augustus is:

Titel: Moenie die melk vergeet nie
Skrywer: Jaco Jacobs
ISBN: 9781776250127
Uitgewer: Pan Macmillan

Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik ’n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word ’n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op ’n eenhoring, vlieg in ’n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe ’n reusetoring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem – hulle het sowaar die melk vergeet!

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top