Promosie vir 21 Augustus: 20% afslag op Moord op Pofadder deur Charné Kemp

  • 0

Afrikaanse blitsverkoping!
21 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 21 Augustus is:

Titel: Moord op Pofadder
Skrywer: Charné Kemp
ISBN: 9780624092667
Uitgewer: Tafelberg

Wat dryf ’n beeldskone jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits só graag van haar Leon ontslae raak?

Danksy inligting uit die binnekring van vriende, familie en mense ná aan die polisie-ondersoek, sit die joernalis Charné Kemp die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die opspraakwekkende huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas.

’n Boeiende waremisdaadverhaal wat draai om geld, diamante, Krugerrande, seks en verraad.

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top