
Afrikaanse blitsverkoping!
20 Augustus 2022
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 20 Augustus is:
Titel: Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika
Skrywers: Hermann Giliomee, Bernard Mbenga en Bill Nasson
ISBN: 9780624092315
Uitgewer: Tafelberg
Die nuwe, opgedateerde uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Die boek begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en later trekboere en Voortrekkers. Dan kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van die politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloë in 1914 en in 1939 in Europa laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang. Hierna val die soeklig op die demokratiese presidentskappe en die onverwagte en onvoorspelbare onlangse geskiedenis, wat staatskaping – en beurtkrag – insluit. Met die nuutste inligting en invalshoeke word die volledige storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.
Kom kry jou kopie by jou naaste Bargain Books!


