
Afrikaanse blitsverkoping!
19 Augustus 2022
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 19 Augustus is:
Titel: Op die duiwel se spoor
Skrywers: Ben Booysen en Nicki Gules
ISBN: 9781990973468
Uitgewer: Melinda Ferguson Books
Ná herhaaldelike polisiebrouwerk begin kaptein Ben Booysen die Krugersdorp-moorde in 2016 manalleen ondersoek. Booysen haal koerantvoorblaaie toe hy die baasbrein, Cecilia Steyn, en haar vyf trawante vir minstens 11 moorde in hegtenis neem. Suid-Afrika se eie “Chuck Norris” neem die leser tot agter die skerms van die satanistiese moorde en onthul nuwe, skokkende besonderhede van die misdade wat die land amper ’n dekade lank vasgenael gehou het.
Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!


