Promosie vir 16 Augustus: 20% afslag op Polsslag deur Marie Lotz

  • 0

Afrikaanse blitsverkoping!
16 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 16 Augustus is:

Titel: Polsslag
Skrywer: Marie Lotz
ISBN: 9780798182942
Uitgewer: Human & Rousseau

Speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam met sy span uitgeroep na ’n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van ’n vrou is in ’n afgeleë bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg. Teen die muur staan in bloed geskrywe: Sprich nichts Böses. 

Doktor Nadiya Patel, forensiese sielkundige, is vas oortuig die moordenaar se modus operandi is ’n waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top