Promosie vir 15 Augustus: 20% afslag op Die mooiste stories van Helena Lochner

  • 0

Afrikaanse blitsverkoping!
15 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 15 Augustus is:

Titel: Die mooiste stories van Helena Lochner
Samesteller: Leoni Hofmeyr
ISBN: 9780798182171
Uitgewer: Human & Rousseau

“Die Hans Andersen van Suid-Afrika” – dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het. Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild. Die keur van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos "Ou Tante Langtand", "Die Pratende Pot" en "Die Boomprinses". Die bundel bevat nuwe illustrasies deur Toby Newsome om ’n jong geslag Afrikaanse kinders te bekoor.

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top