Projekkoördineerder vir die beplande Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA)

  • 0

POSBESKRYWING

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wag aansoeke in vir 'n tydelik-deeltydse projek­koördineerder wat 'n voorstudie kan doen oor die vestiging van ’n moontlike internasionale netwerk vir Afrikaans.  Hierdie vereniging sal ten doel hê die wêreldwye skakeling oor sake wat Afrikaans raak, veral die onderrig van Afrikaanse taal- en letter­kunde op universiteitsvlak, maar ook ander aspekte wat die bevordering en uitbreiding van Afrikaans internasionaal tot gevolg kan hê.

Aanstellingstermyn:  Ses maande, met die opsie van moontlike verlenging.

Salaris:  R10 000 per maand.  Basiese infrastrukturele kostes, soos datagebruik, sal ook verhaal kan word.

TAKE

  • Skakeling met 'n verskeidenheid buitelandse en binnelandse universiteite waar Afri­kaans aangebied word, met die doel om:
  • 'n behoeftebepaling te doen;
  • 'n omvattende databasis saam te stel;
  • 'n voorlopige plan op die tafel te plaas vir die oprigting van 'n Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA);  en
  • te begin met die skep van 'n webblad om die doelstellings van die beplande IVA te bevorder en dan later die webtuiste van die IVA te word.  So 'n webblad se strekking sou insluit skakels na Afrikaanse instansies in Suid-Afrika, skakels na buitelandse instellings waar Afrikaans gedoseer word, hulpbronne vir die aanleer van Afrikaans as vreemde taal, betrokkenes by die saak, 'n gespreksforum, doel­stellinge en 'n uitnodiging tot deelname.
  • Skakeling met Afrikaanskundiges en akademici (veral in die buiteland) wat sou kon en wou betrokke wees met die onderrig en ondersteuning van Afrikaans as vreemde taal.
  • Skakeling met Afrikaanse organisasies met die oog op koördinering van die projek en deelname, afhangende van die betrokke organisasie se strekking.
  • Skakeling met organisasies wat hulle internasionaal vir die uitbou van kleiner tale beywer, soos die IVN.

VEREISTES

'n Entoesiastiese, tegnologies-bedrewe persoon met:

  • ten minste 'n BA-graad (maar by voorkeur ’n M-graad), verwant aan Afrikaans of Nederlands, en ook verwante rigtings (skryfkuns, linguistiek, geskiedenis, e.a.). 
  • Ervaring in die onderrig van Afrikaans as vreemde of tweede taal is 'n bate, maar dis nie 'n vereiste nie.
  • kennis van en ’n passie vir Afrikaans as vreemde taal;
  • 'n goeie kennis van die internasionale en nasionale universitêre konteks waar­binne Afrikaans aangebied word;
  • 'n besonderse vermoë om te netwerk, te kommunikeer en andere te betrek.

Dit is nie ’n verpligting dat die persoon in Suid-Afrika woonagtig hoef te wees nie.

Aanvangsdatum: 

  • 1 Januarie 2014 of so spoedig moontlik daarna.

Sluitingsdatum vir aansoeke:  31 Oktober 2013.

Stuur aansoeke asseblief elektronies na:

Dr Dion? Prinsloo
HUB, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
dprinsloo@akademie.co.za   
Tel. 012-328-5082 / 082-464-6953

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top