Die ondersoekterme van die wapentransaksie in die tyd van meneer Mbeki is nou bekend.
Nie net korrupsie nie, maar die transaksie self sal ondersoek word!
As oud-offisier sowel as ingenieur in die private sektor direk betrokke by die teenprestasieprojek van Ferrostaal, glo ek Jan Rap, dat ’n reusagtige skandaal van ongekende skaal die Mbeki-regime vir ’n duisend jaar sal diskrediteer, by wyse van politieke spreke.
In my oë is president Zuma gewoon geniaal. In die klas van Shaka en Ndlela wat geskiedenis gemaak het.
Oom Jacob is sekerlik die politikus met die hoogste IK oftewel instink-kwosiënt ter wêreld, en vir politieke leiers is dit ’n groot kompliment.
Neem byvoorbeeld Luitenant-Generaal Mkhwanazi. Hier is ’n jong offisier wat se lewe vir wet en orde sal aflê. Hy lyk ongelooflik netjies in sy volle gevegsuniform van die spesiale polisiemag. Ons kan maar rustig slaap snags. Sou daar onluste in Suid-Afrika of ’n staatsopstand in die Oos-Kaap uitbreek, sal hierdie jong Zoeloe-generaal dissipline afdwing.
Daar is baie meer wat ek as nasionalistiese Afrikaner kan skryf oor my held staatspresident Zuma, maar ek wil eers vir Maggie toestemming vra, en haar verseker dat ek niks negatiefs of oneervol oor president Zuma sal sê nie, maar wel oor menere Mbeki en die Mandela’s van die Oos-Kaap.
As Afrikaner-nasionalis het ek die afgelope 5 jaar slegs die grootste respek en uitgesproke bewondering vir Jacob Zuma, my naamgenoot, tradisionele vriend-volksgenoot en Suid-Afrikaanse stamgenoot.
Ran Doodt
Ran jy kan mos natuurlik jou menings aanstuur! Dis immers waarvoor SêNet daar is. – Maggie

