PEN (oorspronklik vir “Poets, Essayists and Novelists”) International is die oudste menseregte- en literêre gemeenskap ter wêreld. Om aan enige PEN-organisasie wêreldwyd te behoort, moet skrywers die basiese beginsels van PEN se grondwet onderskryf. Vryheid van spraak is vir PEN van kardinale belang. In Suid-Afrika bestaan daar twee PEN-sentrums: South African PEN en Pretoria-PEN, met laasgenoemde wat fokus op die Afrikaanse skrywer. Tydens ’n buitengewone algemene vergadering op 18 November 2011 is Dan Roodt as president van Pretoria-PEN herkies. ’n Groep skrywers bevraagteken sy verkiesing en wil Pretoria-PEN herkonstitueer. Skrywers en sameroepers van skrywersorganisasies het met LitNet gesels oor hul onderskeie assosiasies, hul doelstellings, en hoe bepaal word wie by elke groep die leiding neem. |
|
Dan Roodt oor Pretoria-PEN “Oor die afgelope dekade of langer is die meeste Afrikaanse skrywers en intellektuele begaan oor die agteruitgang van Afrikaans en die vertrapping van ons taalregte deur die owerheid en deur die privaat sektor.” |
|
Fanie Olivier oor Pretoria-PEN • Aansoek om lidmaatskap van die 2011 Afrikaanse PEN-vereniging |
|
Kerneels Breytenbach: Pretoria-PEN – Meer sigbare resultate |
|
Willem Fransman: Die ASV se bande met Pretoria-PEN “Pretoria-PEN sou die letterkunde van ’n handjievol (lees wit) lede bevorder, terwyl ons poog om soveel as moontlik opkomende skrywers (en dank God tot dusver oor die kleurgrens heen) toe te rus in die kuns van die kreatiewe skryfkuns en van storievertel.” |
|
Margie Orford: All PEN centres adhere to the PEN charter “South African PEN has a diverse membership of writers from a range of linguistic backgrounds. We have focused this past year on freedom of expression issues, but we are also working on the links between literacy and full citizenship.” |