President Zuma, sluipmoorde, Pretoria en die VTM

  • 0

President Zuma se verwysing na ’n sluipmoordpoging op hom as adjunk-president verwys.

Uit Zuma se verwysing kan mens aflei dat Afrikaner-regses nie betrokke was nie, maar swart kameraad-magte wat wou verhoed dat Zuma die staatspresident sou word.

Zwelinzina Vavi se toe terselfdertyd dat daar politieke sluipmoorde binne die ANC-alliansie plaasvind!

Die Sunday Times het gister ’n artikel gepubliseer oor die Zulufiksasie van die SA-regering, met sterk manne Cele en Cwele wat namens Zuma die polisie en staatsekuriteit bestuur, om beheer oor Pretoria te probeer behou.

Pretoria is vernoem na Andries Pretorius, en die feit herinner aan Zoeloegeneraal Ndela wat na die sluipmoord op Sjaka ook vir Dingaan diens gedoen het.

Nadat Generaal Ndlela persoonlik die nasionale chaos wat dodelike presidensiële leierskapstryde inhou ondervind het, het hy ’n Prins Mpande-dinastie ondersteun.

Tydens Generaal Ndlela se ondersteuning van ’n prins Mpande-dinastie, het Ndlela herhaaldelik Dingaan se opdragte om prins Mpande te vermoor afgewater as onnodig vir staats-sekuriteit.

Generaal Ndlela was egter aan die kant van prins Mpande, en prins Mpande was op sy beurt in politieke alliansie met Andries Pretorius, soos Generaal Opperman verlede week heel aktueel aan Adjunk-President Mothlante in die Voortrekkermonument uitgewys het.

Die uiteinde was dat Mpande toe president word het, soos deur Andries Pretorius in Pietermaritzburg tot Zoeloekoning gekroon.

Dingaan is vermoor na die slag van Maqongqe, maar nie voordat hy sy eie Generaal Ndlela vir hoogverraad tereg gestel het nie, deur Ndlela stadig met ’n nat beesvel om die nek in die son dood te maak, omdat Generaal Ndlela pleks van om vir Dingaan te veg, in die geheim vir Mpande-Pretorius-alliansie geveg het.

Hoe die geniale Generaal Ndlela ook by die voorafgaande slag van Bloedrivier alreeds vir die Mpande-Pretorius-alliansie geveg het, pleks van vir Dingaan, kan op Wikipedia gelees word.

Die slag van Bloedrivier was die eerste Zoeloe-burgeroorlog as gevolg van ’n opvolgstryd tussen Dingaan en Mpande-Pretorius, met Generaal Ndlela aan die koverte kant van Mpande-Pretorius, vandaar die Ndlela-monument in Zoeloeland, soos ingehuldig deur Adjunk-President Zuma, wat nes Mpande sluipmoordpogings oorleef het, danksy vriende soos Ndlela wat hulle lewe vir hulle leier aflê.

Lesse uit die verlede is vandag nodig vir die verstaan van die Suid-Afrikaanse leierskapstryd, want politiek is ’n spel van lewe en dood wat bevolkings beïnvloed, soos die geskiedenis van Sjaka, Dingaan, die Ndlela- Mpande-Pretorius-driemanskap, Verwoerd, Kennedy, Reagan, Gadaffi en Zuma bevestig, om maar net enkele politieke leiers by die naam te noem.

Ran Doodt

Straat-teregstell

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top