"Prentjies van die nag" deur Rudi Swart

  • 0

Geskryf vir: Alle kunstenaars

Maak toe jou oë
Sê my wat jy sien
’n duisend dooie drome
Of ’n toekoms hier miskien
Luister na my woorde
Ek sweer ek kan jou red
Dit sal stadig deur jou syfer
Tot dit al is wat jy het

Ek sien jou somtyds dwaal
Deur die strate van ’n stad
Wat eens vir ons bekend was
Maar verbrand het tot die swart
Daar’s baie vrouens in my kop
Maar te min is in my hart
Want jy’t die blom van my geluk
Gepluk en weggevat

Koor:
O breek deur
Die newels oralom
My visie lê abstrak
Deur die wit lig van die son
Ek voel hoe ek vervaag
Elke nuwe dag
Niks is meer nuut nie
Net die prentjies van die nag
Niks is meer nuut nie
Net die prentjies van die nag

Gee vir my jou hand
Ek wil voel of dit steeds jy is
En of jy ook verstaan
Dat die lewe reeds verby is
Bloed pomp deur my are
Alles is geneties
Maar jy ontduik die drade
Gestring oor alle spesies

So maak sag toe jou oë
En fluister wat jy dink
Swart voëls teen die skemer
Deur die berge ingesluk
Ek is tog net die spotte
Van die dinge wat jy glo
Ek’s die wit voëls teen die blou
Ek’s die skadumaat van jou

O breek deur
Die newels oralom
My visie lê abstrak
Deur die wit lig van die son
Ek voel hoe ek vervaag
Elke nuwe dag
Want niks is meer nuut nie
Net die prentjies van die nag
Ja niks is meer nuut nie
Net die lyne van jou lag
Die lyne van jou lag

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top