Praagredaksie se statistieke

  • 0

Volgens Praagredaksie: “Daar is verskillende maniere om statistiek te bepaal”, en word verder gesê: “Die twee skrywers waarna jy verwys (Anton Barnard en Dan Roodt) trek steeds duisende oë en honderde reaksies. Daar is allerlei maniere waarop lesertalle, vertoeftye, aflaaie, bladsyonttrekkings, ens bepaal word. Praag is sonder twyfel ’n Afrikaanse internetsuksesverhaal.”

Nou vra ek: Lieg die lesertrefslae? Die redaksie ontken dit nie, en sê ek is in die kol met die aangewese drastiese daling in syfers aangetoon. (“Jy is heeltemal reg; die nuwe stelsel tel ons lesers effens anders” – nie uitgebrei of verduidelik hoe nie.) Hulle stelling hierbo moet hulle bewys, nie net ’n stelling maak asof verwag word dit moet outomaties geglo word net omrede dit van die redaksie afkomstig is nie!

Hulle se verder: “Volgens Google Analytics neem ons leserstal konstant toe”, sonder om ’n direkte link na sogenaamde stelling te verbind om hulle stelling te staaf nie.

Die sogenaamde “honderde reaksies” wat ek waarneem per rubriek is van ’n handjievol inskrywers wat met mekaar heen en weer korrespondeer om opinies uit te ruil. Vyf persone kan vyf keer skryf, en word 25 reaksies getel.

Jaco Fourie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top