
Assistent-bestuurder (Stellenbosch)
Pligte en verantwoordelikhede
Bystand aan die bestuurder met alle bestuursfunksies, insluitende:
- Vloerbestuur: boekuitstallings, skoonmaak van winkel
- Voorraadbestuur
- Onderhoud van die winkel se stelsels
- Personeelbestuur: leiding, ontwikkeling, motivering en dissipline
- Handhawing van hoë vlak van klantediens
- Bemarking: ondersoek en ontwikkel nuwe verkoops- en ander geleenthede
- Organisering van boekbekendstellings en -funksies; onderhoud van bestaande kalender van gebeurtenisse en nuusbriewe
- Skool- en akademiese boeke: handhaaf en ontwikkel verhoudings met skole en plaaslike tersiêre instellings
- Sekuriteit
- Administratiewe take bv kontantkontrole, bank, roosters, verlofbeplanning
Vereistes
- Uitgebreide ervaring in en kennis van die kleinhandel boekbedryf
- Bestuurslisensie en eie vervoer
- Bereidwilligheid om oortyd, naweke en openbare vakansiedae te werk, indien nodig
- Kennis van MS Outlook, Excel, Word en Explorer. Kennis van Pastel nie ’n vereiste nie maar sal voordelig wees
- Wordstock-kennis sal ’n voordeel wees
- Effektiewe verbale en skriftelike kommunikasie
- Vermoë om op professionele wyse met uitgewers, lektore, klante en outeurs te skakel
- Ondernemende gees en vermoëns
- Tweetaligheid (Afrikaans en Engels)
- Vermoë om onder druk te kan werk
- ’n Positiewe houding
Rig ’n motiveringsbrief en volledige CV aan: phil@proteabooks.com
Aansoeke sluit: 31 Maart 2018.
Slegs kandidate wat op die kortlys is sal teen 7 April 2018 geskakel word.

