Poësie o poësie

  • 0


Die geweld van binne
hou die chaos van buite
in beheer (glo) op ’n vlug
tussen Lima en Cusco
vul ’n man ’n blokkiesraaisel in,
ek meen in Spaans.
Wallace Stevens
verwek sy dogter
in ’n strofe-agige kabine
tussen Kuba / Mexiko,
dalk eerder Caracas, of op pad
na Acapulco? Curitiba?
(Klank Koeriethieba diep in jou keel
soos in ’n Watermeyer-gedig.)
Iquique heet ’n plek
op ’n vreemde kaart
en op vlug (Lan III)
met flardes potloodskerwe
soos drome aan stukke
of chaos, die teenpool
van geweld (“I’d rather be a sparrow
than a snail”) staan die Andes na regs,
in U majesteit so Groot,
dank God, dank God ek is wéér hier.

 

Machu Picchu 8 Augustus 2007

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top