"Pluk Die Vrugte Van Die Bome Wat Jy Plant" deur Gareth Davies

  • 0

Pluk Die Vrugte Van Die Bome Wat Jy Plant

Ek is trots op waar vandaan ek kom, maar ek haat die gedagte van waar ek op pad is
Vreemd, hoe die verlede altyd beter as die toekoms lyk
Ek’t myself verlaat in ? poel van sinlose verhoudings en vriendskappe
Maar ek leef daarvoor, ek kan vir jare nog aangaan sonder ? plan
Want wie kort ? hart as jy geld het? Wie kort ? droom
as dit al waar geword het, maar jou nie dieselfde satisfaksie gegee het nie?
Ek’s onvernietigbaar, maar verniet as jy my op die regte stadium van self-vernietiging vind
Kry ? kamer, maak seker dis by ? goedkoop hotel waar meeste mans se harte ingegee het
Plaas twee munte op hul oë en groet hulle op dieselfde manier wat jy jou eie waarde gegroet het
Met min emosie en goeie-gewrig-aksie

Hierdie is nie jou eerste keer nie is dit?
Ek gooi ? handdoek in om te sê ek’s uit
My hart raak kouer met elke bier wat ek sluk
Hierdie is nie ? verskoning nie
ek kan dit net nie meer vat om al my geheue van goeie aande saam jou te verloor nie
As jy my regtig lief het dan sal jy my vuil gedagtes agter in die jaard begrawe
en dan ? boom bo-op hulle plant
? Boom waar al ons vriende hang en vir ons wag
om die toue van angs en depressie te knip met ons skerp tonge

Ons is jong atome, vol energie wat wag vir ? kans om hierdie wêreld plat te vee
Ons stembande is ons snare en ons harte ons kitare
Ek kan sien wat jy bedoel
Jy het nie ? gaping om te wys wat jy regtig kan offer nie
Hierdie stad is alles behalwe ? plek om in groot te word
Dis ? verhoog waar ons uitgestal word vir die wêreld om te sien
Een diep pit wat elke hoop en droom wat ons het verorber
Ons is karakters sonder ? dialoog, wat woorde bymekaar string soos ? vervelige epiloog
Maar byt asseblief net vas, want daai swape gaan nie weet wat hulle tref
totdat jy opdaag en die wêreld vertel van iets wat ons leiers in polisiekar nooit kon sê nie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top