"Pleit die stilte" deur Armand Aucamp

  • 0

Pleit in die stilte

Pleit die stilte
Maak geraas waar jy kan
Gryp jou gedagtes in
in 'n wêreld van jouself
Maak jou hart oop
tot alles wat jy kan beheer
Ek is jou hart, en jy maak my seer

Ek is te gebroke om jou reg te maak
Maak dit regtig nie meer saak
wat ek is of wat ek doen?
Doen ek net wat goed genoeg is vir jou?

Jy's te selfbewus
Glimlag jy werklik nadat almal huis toe is?
Was ek misgis, onbewus
dat die orgaan binne jou bors 'n kloppende hart is?

Is ek die refleksie in jou spieël?
Die jy wat jou, jou goeie kant wys
Die silhoeët waardeur jy kan sien
Ek kan jou nie meer sien nie
want die donkerte het jou opgeëet

Pleit die stilte
Maak geraas waar jy kan
Gryp jou gedagtes in
in 'n wêreld van jouself
Maak jou hart oop
tot alles wat jy kan beheer
Ek is jou hart, en jy maak my seer

Ek het verdwaal in 'n doolhof van jou trane
gange, gange oral waar jy kyk
Orkane, vulkane niks kan dit keer nie
Verf of skets, alles maak dieselfde prent

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top