"Pleit die stilte" deur Armand Aucamp

  • 0

Pleit die stilte

Pleit die stilte.
Maak geraas waar jy kan.
Gryp jou gedagtes in,
in 'n wêreld van jouself!
Maak jou hart oop,
tot alles wat jy kan beheer.
Ek is jou hart, en jy maak my seer!

Ek is te gebroke om jou reg te maak.
Maak dit regtig nie meer saak?
Wat ek is of wat ek doen.
Doen ek net wat goed genoeg is vir jou.

Jy's te selfbewus!
Glimlag jy werklik nadat almal huistoe is?
Was ek misgis, onbewus,
dat die orgaan binne jou bors 'n kloppende hart is.

Is ek die refleksie in jou spieël?
Die jy wat jou, jou goeie kant wys.
Die silhoeët waardeur jy kan sien.
Ek kan jou nie meer sien nie,
want die donkerte het jou opgeëet.

Pleit die stilte.
Maak geraas waar jy kan.
Gryp jou gedagtes in,
in 'n wêreld van jouself!
Maak jou hart oop,
tot alles wat jy kan beheer.
Ek is jou hart, en jy maak my seer!

Ek het verdwaal in 'n doolhof van jou trane,
gange, gange oral waar jy kyk
Orkane, vulkane niks kan dit keer nie.
Verf of skets, alles maak dieselfde prent.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top