
Vanaf 24 Februarie tot in Maart 2012 sal ’n interessante skouspel in die aandhemel in die weste te sien wees. Heeltemal gratis! Op 24 Februarie sal die planete Mercurius, Venus en Jupiter gelyktydig vroegaand in die weste sigbaar wees. ’n Sekelmaan waarvan die donkerkant deur aardskyn verlig word, sal ook tussen Mercurius en Venus sigbaar wees. Die hoekverskil tussen Venus en Jupiter sal ± 17° wees. Jupiter sal dan 5.3929 AE en Venus 0.9446 AE van die aarde af wees. (Astronomiese eenhede: 1 AE = afstand tussen die aarde en die son).
Op 12 Maart sal die hoekverskil tussen Venus en Jupiter slegs 3° wees. Jupiter sal dan effens vêrder van die aarde af wees nl. 5.614 AE met Venus weer effens nader op 0.8199 AE.
Panda

