Oester skryf (Plaasmoord, 28 Feb) oor die gebrek aan sekuriteitsmaatreëls wat hy dikwels aantref op plase, terwyl stedelinge soos hyself baie goed beveilig is, al woon hulle soms in relatiewe veilige gebiede. Hy beweer dan dat die boere méér kan doen tov beveiliging aangesien veiligheidsuitgawes “... tog teen belasting afgetrek kan word en dit die boer in wese NIKS kos nie ...”
Nie so eenvoudig nie, veral gegewe die geweldige hoë uitgawes om ’n groot gebied soos ‘n plaas te beveilig. ’n Eenvoudige voorbeeld as illustrasie dat so ’n uitgawe wél belastingaftrekbaar is, maar nog steeds BAIE kos en nie NIKS soos Oester te kenne gee nie: (Vir doeleinde van berekening aanvaar ek dat twee boere identiese inkomste het en geen ander aftrekkings of aftrekbare uitgawes het nie, en beide belas word teen 25%.)
Boere Piet en Jan se voorbelaste inkomste is beide R 240 000 vir die belastingjaar.
Piet spandeer niks op sekuriteit nie.
Piet se belastingberekening:
Belasbare inkomste: R 240 000
Belasting betaalbaar teen 25%: R 60 000
Jan spandeer R20 000 op sekuriteit.
Jan se belastingberekening:
Bruto inkomste: R 240 000
Min sekuriteitsuitgawes R 20 000
Belasbare inkomste R 220 000
Belasting teen 25%: R 55 000
Alhoewel Jan dus R 20 000 spandeer het op veiligheidsmaatreëls, betaal hy slegs R 5 000 minder aan belasting as Piet. Dit beteken dat sy R 20 000 veiligheidskoste hom tog R 15 000 uit die sak gejaag het, belastingaftrekking in ag genome.
Wat is die les hieruit te leer? Die boere moet maar sélf opdok vir sekuriteit teen baie hoë onkostes uit eie sak.
Die staat versuim sy plig.


Kommentaar
Nes Dirk daar sê, die staat versuim sy plig. Dit is ook verbasend hoe baie mense in hierdie 'veilige' sekuriteitsgebiede beroof en selfs vermoor word. Ek ken 'n ou op 'n kleinhoewe wat sy hele area met 8 voet bogronds en 3 voet ondergronds geëlektrifiseerde heining omring het. Nogtans, een aand toe hy sy oë uitvee staan sy kombuis vol mense (vier of vyf maar hy sê vir hom het dit soos 'n skare gevoel) wat hom toe beroof en aanval - al sy tande uitgeslaan en weg met al sy wapens.
Dit is juis die staat se versuim wat tot die ontstaan van privaat sekuriteitsfirmas gelei het.
Volgens http://www.iol.co.za/news/crime-courts/our-r140bn-crime-rip-off-1754080
bestee Suid Afrikaners :"Durban - R140 billion – that’s how much South Africa forked out last year to prevent crime. But, if the latest crime statistics are anything to go by, we’re simply not getting value for money from either the police or security companies.
In the past financial year the government budgeted almost R70bn for the SAPS. That’s taxpayer’s money. But many South Africans don’t just rely on the police – they hire private security companies to protect their homes and businesses.
According to the Private Security Industry Regulatory Authority (Psira), South Africans spent just under R70bn last year with security companies.
On Friday, while releasing the country’s latest crime statistics, Police Commissioner Riah Phiyega pointed out that South Africa’s private security industry was the largest in the world."
Dit is inderdaad - indien korrek - skokkende syfers wat onvermoë van die ANC-regering
om sy burgers te beskerm aan die kaak stel, veral as die privaatbesteding nog steeds besig is om te styg.
Dit raak inderdaad nog meer skokkend want volgens http://www.fin24.com/Economy/SAPS-spends-millions-on-private-security-20110329 het die Polisie: “Cape Town - The SA Police Service (Saps) spent R161.5m on private security services in 2009/10, Police Minister Nathi Mthethwa said on Tuesday."
As die Polisie dit dan nodig ag om al in 2011 'n enorme bedrag aan sekuriteit te bestee, water hoop is daar vir die gewone man in die straat?
Ek is nie 'n waarsêer of profeet nie. Ek kan die woorde soos gister onthou. Dit was op 'n muur geskryf wat jy kon sien as jy van die SAUK in Johannesburg wegry. Jy het dan by 'n T aansluiting gekom. Die woorde was in rooi spuitverf geskryf. Hez 16 vers 13 of iets in dier voege: "God weet so kan dit nie aangaan nie". Mens hoor en sien nie wat werklik aangaan nie. Die statistieke word nie meer vrygestel nie. Daar vind daagliks geweldsmisdade plaas. Die wyse manne sal sê almal lei onder misdaad. Dit is voor die hand liggend. My gebeentes sê vir my hier kom 'n ding en dis nie modder nie.
Twak. lees wat die wet sê. Alle kapitale uitgawes is DIREK aftrekbaar van jou jaarlikse inkomste. KAPITALE uitgawes kan jy DIREK AFTREK. Of lees jy 'n ander wet as hierdie bose stelsel se (belasting)wette?
Wat eintlik nie ter sprake is nie. Want: Ek is verantwoordelik vir my eie veiligheid (terwyl ek nie in 'n stad woon nie, net terloops), want dit is iets wat jy doen as jy eiendom, geliefdes en afhanklikes het. My veiligheid IS NIE die plig van die staat nie. My veiligheid is ten eerste my eie plig, dan my medeburgers en dan eers die staat. Die vraag bly: waarom beskou mense in stede dit belangrik om mure om hul direkte eiendom te plaas en ek kan toegang tot enige plaaswerf kry sonder sukkel?
Punt is: Waarom is daar soveel moorde op plase? Is dit nie dalk omdat dit so maklik is om toegang tot sulke plase te kry nie?
Doen self die toets en ry na die naaste plaas aan jou en kyk of daar toegangsbeheer is. Plaas dan weer kommentaar.
groete
Twak jouself man. Dis presies wat ek hierbo gedoen het. Kapitale uitgawes afgetrek van inkomste vóór die berekening van belasting. Gaan kyk weer na my eenvoudige berekening.
Oester, daar is 'n weermag wat veronderstel is om eksterne aanvalle af te weer en dan is daar 'n polisiemag wat veronderstel is om interne orde en veiligheid te verseker. Albei hierdie entiteite word voor betaal deur die burgery.
Hoe ons weermag sal presteer wanneer ons van buite af aangeval word is ek nie seker van nie; hoop maar dit gebeur nooit.
Die polisiemag funksioneer nie naastenby soos 30 jaar gelede nie, vandaar die oproep deur almal en nog wie dat jyself verantwoordelik vir jou eie veiligheid is. Ek stem saam met jou; jy kan nie nou op 'n hopie gaan sit en jouself blootstel omdat die polisie nie meer daardie werk doen nie. Die feit is egter dat dit nie maklik gemaak word deur die owerheid nie; hierdie selfbeskermingsding nou. As ek dit nie mis het nie was daar op 'n kol 'n kommando-eenheid wat suksesvol was maar die staat het gevoel hulle kan nie 'n 'private army' toelaat nie; hy, die staat, sal daardie werk doen (wat toe nooit gebeur het nie). Ek laat my ook nie vertel dat al 2000 of is dit nou 3000 boere wat tot dusver vermoor is geen voorsorgmaatreëls getref gehad het nie. Alles dui daarop dat boere geteiken word en aan die wreedheid van die aanvalle is dit sterk te betwyfel of die motief geld of honger is.
Oester, stem. Die mense met die grootste bekke is die lot wat nog nooit in daardie situasies was nie en het geen benul daarvan nie. Dit is ook 'n lot wat nog nie plaasmoord aan hul gatte gevoel het nie. Ook nie wat self al op geskiet is nie.