Plaas

  • 0

Foto: Canva

Plaas

neem my 
na ’n plek
met vaalbos 
en stof

met wingerd 
en
pampoen 
en
baie skape

’n plek met
bloureën 
oor die prieel

en eende op 
die dam

neem my 
na ’n plek
waar 
sonbesies 
sing

’n plek
waar diere 
vry loop
en jakkalse
roep in die nag

neem my na 
’n plek
waar 
geen mens
my soek nie

en ek 
myself vind

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top