"Pippie" deur Johannie Hanker

  • 0

Pippie

Daar dans ? mooie poppie
Sy swaai en draai so vry
Lag uitbundig, gelukkig
? Prinses se rok gekry

Haar lange harelokkies
Alle kleur linte by
So helder soos die reënboog
? Persent wat hier kan bly

REFREIN:
Pippie, dis nie ? jok nie
jy het baie seergekry
Ons juig oor jou gesond word
jy’s bedoel om hier te bly
Pippie, reg uit die hemel
sal Jesus vir jou lei

Daar’s ? mamma en ? pappa
en ? kleine boetie by
Elkeen sy stoeltjie, bedjie
sy’t hare ook gekry

Sy smul aan lekker koekies
heerlik soet soos lente
Lekkertjies soos die sterre
wat in versiersel bly

REFREIN

Sy kruip weg saam met maatjies
Lag as hulle haar kry
tussen bome en blomme
waar dwergies ook mag bly

Luister sy hoor die klokkies
daar’s bokkies wat daar wei
Hul huppel oor berge
Weet sy waar Peter bly?

REFREIN

Sy’s nie Prinses, Sneeuwitjie of Raponsie nie
Ook nie Heidi, of Gouelokkies nie
Nee net Pippie, ja Pippie, sy maak ons harte bly

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top