Hello Chris
Komplimente met jou verwysings en die bronne waaruit jy put. Van jou verwysings het my laat soek op Audible daarvoor, maar is ongelukkig nie meer beskikbaar nie. Daar is ’n ekwivalente “Modern Scholar”-reeks beskikbaar wat ek hoop dalk van die onderwerpe wat jy aanspreek sal dek. Dit wat jy oor die sondvloed sê en die bronne waaruit jy dit put is algemene kennis behalwe vir sekere gelowiges wat volkome blind is vir die algemene aanvaarde kennis rondom hierdie aangeleenthede.
Newt Gingrich het behalwe vir die “Foodstamp President-frase” waarmee hy vorendag gekom en oop is vir kritiek met die ’n ander frase vorendag gekom, naamlik “pious baloney” .
Dit is veral gepas in konteks in jou huidige debat met Kobus.
Verskoning Kobus en Henn gaan dit probeer melk vir al wat dit werd is, maar indien alle kritiek insigloos is en al die verwante terme wat daarmee saamgaan, dan is die verweer eenvoudig dat die beskuldigings van insigloosheid en die bron van godsdiens waaruit dit put is niks anders as pious baloney is nie.
Die hele storie is niks anders as pious baloney nie.
Godsdiens = pious baloney.
Dankie Newt Gingrich.
Ook so met Johannes Comestor en die nuutste “oulike storie van die hotel”,ugh, net so erg soos Henn wat aan die hand van Mary Poppins die ekonomie probeer verklaar het is dit maar net weer ’n geval van “pious baloney”.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Wouter!
Ek sien jy’s weer op jou stukke, polonie baloney en al. Og, jy weet natuurlik dat “baloney” juis “onsin” beteken?
Nou ja. Dan is daar net een haalbare situasie hier en dit is – die kritiek is juis baloney, daarom is alles anders ook vir die kritikus, oftewel baloney monger, baloney… Newt Gingrich s’n ingesluit.
Maar nie álle kritiek is insigloos, baloney, nie. Dit sal tog seker van die kritiek afhang. Dit is juis sinvolle kritiek wat die Christelike Godsdiens skaaf en slyp en op koers hou en van Krag na krag laat gaan. En jammerlik, dáárdie soort van kritiek kan kwalik uit baloney mongers se stal kom. En dít is nie baloney nie!
Groete,
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Hello Kobus,
Hello Wouter. Ek het onlangs Robert Price se podcast (The Bible Geek) ontdek. Sy benadering tot die Bybel het my houding, wat voorheen erg negatief was, baie verander. Hy maak 'n vergelyking met die Grieke wanneer hy die vraag gevra word of die Bybel 'n Christen Mein Kampf is. In hierdie vergelyking vra hy dat jy jouself verbeel dat 'n fundementele groep aandring op die waarheid van die Griekse gode, dat die werk van Homer beskou word as geinspireerde geskrifte van die gode. Sou jy maak dat jy die mooi en waardevolle van die Griekse kultuur verwerp? Dieselfde vraag kan gevra word oor die Bybel. Is baie van dit wat ons moderne samelewing bereik het in terme van die wetenskap en filosofie nie dalk 'n 'gesprek' met hierdie boek nie, 'n gesprek met mense wat ons weer bind met die wereld van die Grieke nie? Kan ons ooit die mense van die laaste twee duisend jaar verstaan sonder 'n kennis van hierdie boek? Ek dink dat dit 'n tragedie sal wees as ateiste die Bybel eenvoudig afskryf om hulle misnoe met Christene te demonstreer. Daar is baie in die Bybel wat ons vandag beskou as uiters barbaars, maar met die regte insig, die regte vertalings en 'n poging om hierdie teks te plaas in sy historiese konteks maak selfs die amper-offer van Isak deur Abraham sin. Wat nie sin maak nie is om te glo aan die hoof karakters, dit is verseker pious baloney, maar dit is gelukkig nie 'n vereiste nie. Chris
Hello Kobus,