Pinne (of is dit pins?)

  • 2

Ek bedoel daardie reekse nommertjies wat mens moet intik as jy geld met jou kaart wil trek by 'n OTM. Of as jy in 'n winkel wil betaal vir goedere gekoop.

Ek voel al die nommers wat mens moet onthou plaas ekstra stres op jou, veral as jy aan die oudword is soos ek. Tans het ek ses nommers om te onthou. Die meeste is kaarte, maar daar is ook nommers vir telefoonbankdienste en internetbankdienste. En nog 'n aantal wagwoorde vir verskillende doeleindes, soos as jy vriendskap sluit met Microsoft of Telkom of wie ook al. 

Jy het geen keuse nie, anders as om dit iewers af te skryf en te hoop dat skelms dit nie in die hande kry nie. 

Ek het een keer by 'n groot winkel 'n trollie vol goed gekoop en toe dit by die betaalslag kom, het ek die pin totaal vergeet. Herwaarts en derwaarts se soek in my brein het niks gehelp nie, ek moes huis toe ry om te gaan kyk waar ek dit afgeskryf het. Gelukkig was die personeel gaaf en het hulle die goed vir my eenkant gehou terwyl ek gou huis toe is, darem naby aan die winkel.

Al die moderne digitale toerusting en die internet maak glo 'n mens se lewe geriefliker. Ek is nie oortuig daarvan nie, want dit bring sy eie probleme. Dikwels sukkel ek met 'n stadige of steeks rekenaar terwyl ek haastig is. Die sogenaamde "notebook" wat ek nou het, gee bv gereeld probleme. Hy laai ook sommer selfs opgraderings van Windows op, dan moet ek tot twee uur lank sit en wag dat hy al die ou opdaterings uithaal en nugter weet watse ander funksies hy nog uitvoer. En ek is 'n ongeduldige mens, ek dink ek kan dalk 'n hartaanval kry van die gespanne frustrasie.

Dag ek sê maar net.

Tiens

 

  • 2

Kommentaar

  • Dit kan nogal 'n verleentheid wees vernaam as die winkelassistent nog die oë rol. Dit het al met my ook gebeur dat ek totaal en al 'n osoon (donker gat)-oomblik ervaar. Ek ag my nie eers oud nie maar die kop raas so nou en dan met al die goed wat mens moet onthou. Bewaar jou siel as wederhelfte jou pinnommers ken. Kan nogal handig en duur te staan kom. Maar elke ding het sy prys.

  • Dalk moet jy nommers kies waarmee jy nie verkeerd kan gaan nie.
    Soos bv 555555 of so iets. Dan hoef jy net die aantal te onthou.Dit is nou nie baie veilig nie,maar kan 'n verleentheid spaar.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top