Pil van bitterheid

  • 3

Bitterheid is ’n wortel wat opskiet en gou ’n boom met baie takke word. Die gevoel van wraak wat deur verontregting opgewek word, ’n reaksie op ’n onreg. Bitterheid het ’n negatiewe uitwerking op my lewe wat my geheel en al laat ontaard en in disharmonie bring met verhoudinge. Dit wek in die mens die ou Adamiese natuur op.

Op die mens se lewenspad is daar geen waarborg teen vrywaring van verontregting nie. Jy kan verontreg word op sovele wyses: negatiewe vorige huwelik, kinders wat uit die nes beweeg en jou teleurstel, finansiële ooreenkomste wat suur geword het of selfs mede-gelowiges of ongelowiges wat jou pad kruis. Wat egter die diepste wonde sny is dié wat naby aan jou hart is.

As ons nie emosioneel intelligent toegerus is, kan verontregting bitterheid kweek wat gevare vir die self inhou. Alhoewel hierdie emosie gedra word in die sielsdimensie van die mens, het dit ’n negatiewe uitwerking op die gees van die mens sowel as die liggaam. Dit is onmoontlik om bitterheid te bedink sonder om tot een of ander vorm van geweld oor te gaan. Soos ’n mens in sy hart dink, so is hy. Die hart van die mens word ’n oorlogsveld van vergelding waaruit vloeke voortvloei en oordele oor ander uitgespreek word.

Omdat bitterheid die selflewe in aksie bring, gee dit die mens ’n gevoel van krag, van sterkte, van vermoë om te kan doen wat hy wil. Wraak mag vir die oomblik satisfaksie bring, maar dit hou geen blywende geluk in nie en vermaer die gees.

Die invloed op sielsvlak (denke, emosies en wil) is ook negatief. Die wil is in werklikheid die wag van die lewe van die mens. Bitterheid bring groot konflik in die gemoed. Hierdie emosies stimuleer die liggaam om tot stryd toe te tree. Dan skei die liggaam sekere stowwe af en by diere kan dit maklik opgemerk word. Die liggame van twee olifante sal deur reaksie van die emosies optree en mekaar storm. Die vegtende bulle se nekke sal verstyf, tande sak vir die steek, ore begin flap en is dit alles reaksies op die toestand van hulle emosies. Netso ook die verbitterde mens. Dit maak die liggaam siek en is nadelig vir die gebeente.

Ons moet anders as die diere wees. Die kwaad in ’n saak oorwin. Leer om vyandskap uit ons harte te hou. Nie daarop te broei maar mekaar eerder te vergewe. So hou ek die ‘self’ gesond. Tereg se die bybel dat ons nie kwaad vir kwaad moet vergeld nie; maar jaag altyd na wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

Sommige mag opmerk en sê: “Ek kannie vergewe nie, daardie persoon het my te seer gemaak.” Daar is niks wat die mens nie kan regkry nadat hy sy besluit en wil daarop geplaas het. Gelowig of ongelowig. Die ‘wil’ in ons lewe is so sterk, dat niks teen dit sal staan nie.

Besluit vandag: ek wil die mense vergewe wat my teleurgestel het, ek wil ’n ander rigting inslaan, en ek sal van hierdie gedagtes in my denke ontslae raak.

So klim jy op ’n pad na bevryding en vrede van emosionele wortels.

Trienie

  • 3

Kommentaar

  • Soos ek Trienie lees gaan dit sleg met die mens wat "die ou Adamiese natuur" opwek. Dit sal seker nog slegter gaan as die ou Evatiese natuur opgewek word, of wat praat ek alles?

    Ander juwele is: "Die liggame van twee olifante sal deur reaksie van die emosies optree en mekaar storm." en ook haar laaste paragraaf.

    George

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top