Piet Potlood en die intellektuele

  • 0

Hello

Die vraag verwysende na intellektuele het betrekking. Hierdie deelnemer is ’n leek en sal nooit op die vlak van ’n George Steiner, ’n Isaiah Berlin, ’n Bernard Williams, ’n Leszek Kolakowsi, ’n Timothy Garton Ash of ’n Martha Nussbaum funksioneer nie, maar wie se denke tog merkbaar armer sou gewees het sonder die insigte wat hierdie denkers bied.

In ’n poging om hierdie vraag te probeer antwoord, kan daar gekyk word na wat bogenoemde groep as ’n gesamentlike eienskap openbaar. Aangesien hulle vakkundige veld ooreenstemming toon, kan dit nie net die praktisering van filosofie wees nie, aangesien Steiner grootliks funksioneer in die veld van letterkunde, terwyl ’n persoon soos Timothy Garton Ash weer ’n politieke skrywer is.

’n Britse koerant, The Observer het onlangs ’n lys gepubliseer van die top 300 intellektuele en kan hier gevind word.

Daar kan gepoog word om ’n gemene deler te probeer vind, net soos gepoog was deur my in my beperkte lys, die enigste eienskappe wat na vore kom wanneer ’n lys van 300 name in oorweging gebring word is die volgende.

Die publiek, en dalk net die ingeligte publiek ongelukkig, sal enige een van die name erken en erkentenis gee aan die persoon se status. Dit sinspeel dat eksterne bevestiging word benodig. Die publiek, ’n dissipline selfs, moet die persoon erken as ’n intellektueel.

Die tweede eienskap is, natuurlik dat die persoon haar dissipline goed ken en dit kan kommunikeer aan die gehoor wat die teikenmark vorm.

Vir hierdie deelnemer is die beste voorbeeld van ’n intellektueel, Melvyn Bragg, aanbieder van die BBC se In Our Time wat ’n argief van 500 programme sterk is, waarin elke denkbare onderwerp in die verloop die mensdom se intellektuele geskiedenis behandel word.

Hierdie argief kan nie sterk genoeg aanbeveel word nie. Gaan luister en ontdek die plesier van ingeligte ontdekking en ondersoek.

Wat maak Melvyn Bragg so uitsonderlik, elke gesprek deur hom bestuur, het as grondslag die onpartydige ondersoek daarvan deur hom. ’n Program oor gebed sal toelaat dat die krag van gebed as ’n gegewe aanvaar word en nie afgeskiet word nie as ’n onmoontlikheid nie.

Die gesprek word dus toegelaat om sy gang te gaan en so ondersoek te kan word.

Daar is altyd die versugting dat ’n intellektueel onpartydig is, ’n soeker na die waarheid, dit is nie noodwendig waar nie. Terry Eagleton sal ’n Marxisties inslag behou, terwyl ’n VS Naipaul Afrika altyd as ’n mislukking sal sien.

Onpartydigheid is dus ook nie ’n kern eienskap nie.

Daarom, die leser moet maar sy intellektuele versigtig kies.

In letterkunde is James Wood, Michael Wood altyd goed, net soos Zadie Smith of Marina Warner of ’n Mary Beard wat uitstekend is.

Met tyd sal die getroue leser wat glo in onpartydige ondersoek deur omgang met die intellektuele se werk en kruisverwysings en eksterne kommentaar weet watter intellektueel is haar sout werd.

Dus tyd en ondervinding identifiseer daardie wat deur die samelewing as ’n intellektueel gekroon is, wel daardie kroon werd is.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top