Piet my skippersvriend, weereens

  • 0

Ek het mos al beduie van die bekende skipper wat verseg om klere te dra as hy see toe gaan. Die feit dat sy naaktheid al tot nare situasies gelei het is logies en redelik voor die hand. Die meeste detail los ons liewers weg hier want kinners en sagmoediges kan dalk ook lees en dan moet die persomboet ingryp, hehehehehe ...

Pete, dis nou nog een van Piet se kamerade moes nou die dag boot te water laat. Kry vir Piet (logies, die naamding wat weerhou word om logiese redes) weereens aan't uittrek oppie strand. Crew-manne besig met die skuit en doenig om die bokse aas en die nodige reg te kry. Piet wat rasend sy klere op 'n bol bymekaarmaak en in die skuit gooi want net 'n dom donner laat sy klere nat word as jy boot launch.

Pete beduie dat hy maar loop hand bysit het want dissie net 'n klein skuitjie wat te water gelaat moet word nie. Selfs die agt Crew manne met Piet (wat so sterk is soos 'n hele gros van die crew sukkel met die skuit. Probleem is: Al die crew manne vat almal aan die een kant vannie boot. Wat die hele storie om die arme skuit te water te kry met letterlik 'n uur of wat vertraag. Balans, sien ... En in die koue waters wat ons nou hier rond het is selfs net 'n paar minute in die Blou Dam meer as genoeg. Want die waters is, wel, millimeters groot, afhangende, logies van jou genetiese samestelling. Nie dat Piet van DAARDIE gene kort nie want die manne beduie hoeka dat, die dag toe daardie tools uitgedeel is Piet iewers anders besig was en toe hy opdaag daar Bo waar Petrus of Iemand die nodige, mmm, jy weet uitgedeel het toe is daar niks oor nie en toe kry ons vriend Piet die paal waaraan al die, jy weet, manlike organe gehang is wat uitgedeel is. So Piet loop nou nie mank nie maar die koue water laat hom soort van meer na mens lyk. As jy vang wat ek nou bedoel ... en ek's besig om af te dwaal ...

Pete beduie dat hy nie lekker was met hierdie skewe manier van boot launch nie. Nie met al die Crew aan die een kant en Piet wat hier alleen spartel nie. Hy beduie vir die Crew manne dat drie moet vasvat aan my vriend Piet se kant sodat die ding deur die branders kan kom (sodat daar meer eweredigheid is, sien?) en almal ewe skielik stokdoof is. Almal verseg.

Om enige konfrontasies uit die weg te ruim probeer arme Pete uitmaak wat de hel aan die gang is dat niemand aan Piet se kant wil vat aan die skuit nie. Want dit kan tog nie wees oor Piet se, mmm jy weet, goeie gene wat betref die onderlyf nie. Want almal is hom mos nou al gewoond kaalp*** oppie boot selfs as die son innie somer besig is om almal moer toe te brand.

"Nei, meneer. Daai donnergse larnie kak elke oggend innie water as ons die donnergse skuit launch. Ek vat noddefok weer aan sy kant want netou vat ek aan sy kak en 'n ander man se kak issie 'n lekke ding om aan te vattie. Elke keer dryf daar iets oppie water aan sy kant as ons moet see toe....nei, dit werkie sonie."

Pete sê hy het gou verskoning gemaak om weg te kom want sy rubberduck moes ook nog te water en, "... sorry partner, I must be off, you know ..." Pete beduie dat hy eers gewag het tot 'n hele paar branders gebreek het en Piet, kaalbas en al op die horison was voor hy sy skuit innie waters in het. Net om seker te maak beduie hy.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top