"Pick-up-lyn Frikkie" deur Jeremy Bezuidenhout

  • 0

Pick-up-lyn Frikkie

Vers 1

Die storie het begin by die local bar
van ou Frikkie wat sy brannas geniet
en vir elke meisie staar
na ‘n paar slukke van self-confidence
trek hy sy hand deur sy hare en scheme
hy lyk soos ‘n nuwe sixpence

Hy ruk sy boekie uit sy sak vol pick-up-lyne
en kyk so na die meisies en dink vanaand
verdwyn julle hart se pyne
so stap hy na die eerste aster by die bar
kyk haar in haar oë en sê: "Can I sleep by you
because I live so very far?"

Met ‘n rooi geklapte wang is hy terug na sy seat
en luister vir eers na die liedjie want dit het
‘n lekker beat

Koor:

Pick-up-lyn Frikkie het altyd uitgestrike
van nice shoes tot jou mooi ding
en die occasional bar fight
en al het hy nooit gescore nie het hy aanhou probeer
want van kleins af is hy geleer probeer
is die beste geweer

Vers 2

Ou Frikkie spring weer op om nog ‘n lyn te try
"kom saam my huis toe, ek braai vir ons ‘n slaai"
met haar rug op hom gekeer besef hy hy het verloor
dalk hou sy nie van mans nie, dink hy, of
dalk is sy getoor.

Hy sien toe die oulikste poppie aan die einde van die kroeg
en besluit om nog vir oulaas ‘n ou lyntjie te beproef
"ek is soos die sirkus hoe lyk dit met ‘n bietjie fun?"
met ‘n diep stem sê sy "ja" en hy besef sy is ‘n man.

Herhaal koor

Dis die einde van die storie en ou Frikkie is nog weg
na sy onderonsie voel hy seker sleg
maar Frikkie moenie worry nie drink jou medisyne
en kom maak ‘n draai want ons mis jou pick-up-lyne!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top