Phemba
Ek wil op die dakke skree
Ek wil onderwater praat
Maar die meeste van die tyd
fluister ek my lewe verby
Ek mis musiek in my ore
Ek mis die gesing op my tong
Ek mis die lug in my long
REFREIN:
Swaziland se kinders sal vir ewig bly juig
Swaziland se kinders sal vir ewig bly juig
Dis ironies hoe dit werk
Ons wat ryk is van die wêreld
is bankrot van die lewe
Dis ? nooddruk
Maar feitlik lewensbelangrik
REFREIN
Die donker konstellasies
Die senuweeagtige getik
Die skandaal,
Die haat sal ons roep
Phemba, Phemba
Ons gaan dit mis
Phemba, Phemba
Dis ironies hoe dit werk
Ons wat ryk is van die wêreld
is bankrot van die lewe
Dis ? nooddruk
Maar feitlik lewensbelangrik


